"Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW [boodskap #51258] |
Tue, 09 October 2001 15:27 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
ONS KLEIN EN SILWRIGE PLANEET
N. P. Van Wyk Louw
Ons klein en silwrige planeet
is ryker as die gode weet
die koring is 'n heuningsel
waaruit die goue aarde wel
die wingerd is 'n sooi-geel bron
wat uit die erts prut na die son
ek sny die brood en drink die wyn
en hou my hart van gode rein.
|
|
|
Re: "Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW [boodskap #51341 is 'n antwoord op boodskap #51258] |
Wed, 10 October 2001 14:37 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat is silwrig? Bedoel hy silwerig? Of skryf mens dit silwrig? Jy sou tog
nie drie keer dieselfte tikfout maak nie?
Ek het nog nooit die aarde as silwrig gesien nie...
Goud is goed vir koring, maar watse kleur is sooi geel?
Wie sê altyd: "Kak gedig, gepos deur 'n kak mens"?
Ek sê: "Kakkerige gedig..." Maar ook dankie dat jy die moeite doen om dit te
plaas... (Ek lees dit nogal getrou)
________________________________________________________
ONS KLEIN EN SILWRIGE PLANEET
N. P. Van Wyk Louw
Ons klein en silwrige planeet
is ryker as die gode weet
die koring is 'n heuningsel
waaruit die goue aarde wel
die wingerd is 'n sooi-geel bron
wat uit die erts prut na die son
ek sny die brood en drink die wyn
en hou my hart van gode rein.
|
|
|
Re: "Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW [boodskap #51379 is 'n antwoord op boodskap #51258] |
Wed, 10 October 2001 19:19 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Max wrote:
> Wat is silwrig? Bedoel hy silwerig? Of skryf mens dit silwrig? Jy sou tog
> nie drie keer dieselfte tikfout maak nie?
>
> Ek het nog nooit die aarde as silwrig gesien nie...
>
> Goud is goed vir koring, maar watse kleur is sooi geel?
>
> Wie sê altyd: "Kak gedig, gepos deur 'n kak mens"?
>
> Ek sê: "Kakkerige gedig..." Maar ook dankie dat jy die moeite doen om dit te
> plaas... (Ek lees dit nogal getrou)
Dit word só in die Groot Verseboek gespel. Ek neem
dus aan dat NP dit so gespel het. Staan vir "silwerig,"
neem ek aan.
Wanneer jy lees "die wingerd is 'n sooi-geel bron/
wat uit die erts prut na die son" dan moet jy nie "sooi-geel"
lees as 'n basiese kleur nie. Hy wil sê dat die wingerd in die
erts/grond/sooie soos 'n pot prut en dat die wingerd soos
'n geel vuur daar staan en brand."
Gloudina
|
|
|
Re: "Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW [boodskap #51429 is 'n antwoord op boodskap #51258] |
Thu, 11 October 2001 10:00 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dankie vir die uitleg, maar ek weet steeds nie wat sooi is nie... Sooibrand
ken ek wel...
_______________________________________________________
Max wrote:
> Wat is silwrig? Bedoel hy silwerig? Of skryf mens dit silwrig? Jy sou tog
> nie drie keer dieselfte tikfout maak nie?
>
> Ek het nog nooit die aarde as silwrig gesien nie...
>
> Goud is goed vir koring, maar watse kleur is sooi geel?
>
> Wie sê altyd: "Kak gedig, gepos deur 'n kak mens"?
>
> Ek sê: "Kakkerige gedig..." Maar ook dankie dat jy die moeite doen om dit te
> plaas... (Ek lees dit nogal getrou)
Dit word sê in die Groot Verseboek gespel. Ek neem
dus aan dat NP dit so gespel het. Staan vir "silwerig,"
neem ek aan.
Wanneer jy lees "die wingerd is 'n sooi-geel bron/
wat uit die erts prut na die son" dan moet jy nie "sooi-geel"
lees as 'n basiese kleur nie. Hy wil sê dat die wingerd in die
erts/grond/sooie soos 'n pot prut en dat die wingerd soos
'n geel vuur daar staan en brand."
Gloudina
|
|
|
Re: "Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW [boodskap #51443 is 'n antwoord op boodskap #51258] |
Thu, 11 October 2001 11:58 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Max wrote:
> ek weet steeds nie wat sooi is nie... Sooibrand
> ken ek wel...
Max, 'n "sooi" (Engels "sod" ) is die stuk grond wat
jy op jou graaf het nadat jy dit in die grond gesteek
het en dan die stuk aarde uitgelig het.
Dit kan ook gebruik word vir gevormde stukke
aarde wat jy uit die grond lig, nadat jy met die graaf
'n vierkant-snit in die grond gemaak het met die doel
om so 'n stuk aarde uit te lig. Gewoonlik doen jy
laasgenoemde as jy iets met die stuk aarde wil doen,
soos byvoorbeeld 'n sooihuis bou.
Ek wonder waar kom die "sooi" in sooibrand
vandaan?
Gloudina
|
|
|